… meer as net ‘n identiteitskrisis - gegrond op die werk van John A. Scott, Sr. Ph.D.

Die Identiteitsprobleem (IDP)

Inleiding

Baie mense ervaar ‘n uitdaging, wat die Identiteitsprobleem (IDP) genoem word. Ek gaan eerstens ‘n algemene beskrywing van die IDP gee.  Hou egter in gedagte dat geen mens al die simptome van hierdie uitdaging op dieselfde tyd ervaar nie.  Indien jy rofweg met meer as die helfte van die eienskappe van die IDP kan identifiseer, is dit die moeite werd om dit verder te ondersoek.

Jy mag hier dalk ‘n paar trekke of eienskappe sien wat jy sou kon ervaar. Wanneer ons hierdie uitdaging duidelik kan identifiseer, kan ons positiewe en besliste stappe neem om dit op te klaar. IDP kan herstel word en jy kan gehelp word.  Daar is hoop.

Wat is die Identiteitsprobleem (IDP)?

Ek verkies om na enige probleem wat mense ervaar te verwys na ‘n uitdaging eerder as ‘n probleem.  Vir die doel van hierdie artikel sal ek egter hierna verwys as ‘n probleem, aangesien dit die naam van hierdie uitdaging is.

Sommige mense voel dat hulle nie weet wie hulle is nie. Sommige mag dalk vra: wie is ek? Daar is mense wat nie weet waaroor hul lewe gaan of waarom hulle hier is nie.  Dit voel meestal vir hulle asof hul doelloos ronddryf sonder spesifieke doelwitte of rigting. Hulle het nie veel ambisie nie, of voel dat hulle nie veel ambisie het nie, wat weer daarop dui dat hulle ook nie baie energie het nie. Hulle mag dalk mense wees met ambisie, dryfkrag en doelwitte, maar dit voel dalk nie vir hulself asof hulle êrens kom nie, selfs al is hulle suksesvol!

Die innerlike self, wat die ego genoem word, is swak en kwesbaar. Jy kan dit sien in mense wat sê dat hulle bewerig of wankelrig aan die binnekant voel.

Hierdie wankelrige- of onsekere gevoel aan die binnekant kan selfs veroorsaak dat mens ‘n bietjie bang vir die toekoms is. Onseker oor wat die toekoms mag inhou. Iemand in hierdie posisie het nie ‘n innerlike gevoel van samehorigheid of verbondenheid nie. Daar is geen gevoel van mag of beheer nie. Nog ‘n manier waarna sommige mense hierna kyk, is dat hul innerlike self verstrooid of gefragmenteerd voel. Hulle voel dat hul lewe in stukkies spat en aan skerwe lê en hulle geen krag, motivering of hoop het om alles weer bymekaar te sit nie.

Daar is ook mense wat hulself beskryf as ongewensd of ongeliefd. Ander voel dat hulle ‘n onbeplande baba was en dat hul geen doel het nie – asof hulle ‘n soortvan fout is. Hulle kom dikwels tot die gevolgtrekking dat daar geen rede vir hul bestaan is nie. Hulle sal dikwels laat blyk dat hulle sukkel om die lewe te hanteer.

Simptome van die Identiteitsprobleem

Hieronder volg sommige gevoelens of simptome wat mense met die Identiteitsprobleem ervaar. Jy mag dalk IDP ernstig opneem of verder wil ondersoek indien jy die helfte plus een van die onderstaande ervaar:

  • Sommige simptome kom voor in die vergrype van substanse, soos dwelms, alkohol, rook, dobbel en selfs ooreet.
  • Party van hierdie mense ervaar ‘n intense vrees vir verwerping.
  • Hulle mag selfs voel dat hul gedrag meer kinderlik as volwasse is.
  • Hulle ervaar nie die gevoel van beheer en sekuriteit van ‘n volwassene nie.
  • Sommige mense beskryf ‘n gevoel van depressie en hartseer.
  • Daar is ook mense wat voel dat hulle kontak met God verloor het (op watter manier hulle ook al die konsep van God verstaan) en daarom ervaar hulle ‘n geestelike of emosionele leegheid binne hulle.

Moontlike oorsake van die Identiteitsprobleem

Hierdie uitdaging het sy oorsprong in ervarings wat strek vanaf selfs voor geboorte tot in die eerste vyf jaar van ‘n mens se lewe.

Tydens hierdie voorgeboortelike ervarings, is daar ‘n soort van ekstra sensoriese persepsie in die kommunikasie tussen ‘n moeder en haar ongebore kind. Die ongebore kind in die baarmoeder is gedurende die laaste drie maande voor geboorte amper soos ‘n gedagteleser. Indien die ma negatiewe ervarings in haar daaglikse lewe ervaar, mag sy onbewustelik boodskappe aan haar ongebore kind stuur deur middel van hormone wat sy afskei wat dan via die naelstring deur die kind opgeneem word. Hierdie negatiewe ervarings word dan deel van die kind se onbewustelike gedagtes.

  • Wanneer die ma sterk emosies tydens swangerskap ervaar, veral gereelde vrees, woede, haat of pyn, kan dit ook die ongebore kind beïnvloed. Voor geboorte is die baba sensitief vir hierdie emosies. Die ongebore baba voel hierdie emosies aan en reageer daarop deur te skop, verandering in hartklop en ander aktiwiteite binne die baarmoeder te toon.
  • Positiewe emosies wat die ma mag ervaar, soos gevoelens van vrede, vreugde, liefde en veiligheid, kan hierdie sterk negatiewe emosies teenwerk.
  • Die ma mag soms voel dat haar swangerskap onbepland, ongewensd of geen doel dien nie – dat dit ‘n fout is. As sy hierdie gevoelens sterk ervaar, week in en week uit gedurende die swangerskap, is daar ‘n kans dat die ongebore kind daardie onwelkome gevoelens kan absorber, selfs voor geboorte.
  • Sou die moeder gevoelens van bitterheid, wrok en teleurstelling ervaar, kan hierdie sterk, negatiewe emosies ook soortgelyke gevoelens by die ongebore kind aanwakker. Dit gebeur nie altyd nie, maar dit gebeur tog.
  • Die houding van die pa teenoor die ma kan verder ook haar gevoelens beïnvloed. In gevalle waar die pa nie ondersteunend is nie, die ma ignoreer, mishandel of op een of ander manier verwerp, kan die ma se negatiewe gevoelens deur die kind op ‘n onbewustelike vlak opgetel word. Die pa het dus ook ‘n invloed op die ongebore kind deur sy interaksie met die ma.
  • Hierdie uitdaging kan ook sy ontstaan te danke hê tydens vroeë kinderjare, veral voor die ouderdom van vyf. Tot en met die ouderdom van vyf is ‘n kind in ‘n voortdurende hipnotiese staat, wat eenvoudig beteken dat ‘n kind hoogs sensitief en ontvanklik is vir alles wat rondom hulle Die gebeure, veral konflik tussen die ouers, veroorsaak ‘n sterk indruk op ‘n kind se gevoelens rakende hulself.
  • Indien die kind prematuur, te laat gebore en of die geboorte-proses ongewoon was, kan dit die kind ook verder beïnvloed.
  • Indien ‘n kind gebore word in ‘n huis waar hul ongewens en ongeliefd voel, op een of ander manier mishandel word, of ‘n gevoel van verwerping of ongewensdheid deur een of beide ouers ervaar, kan hierdie kind ook van vroeg af die gevoel ervaar dat hulle geen doel of rede het om te lewe nie.

Hoe hanteer mense die Identiteitsprobleem?

Mense is geneig om hierdie uitdaging op een of meer van die volgende maniere te hanteer:

  • selfvernietigende gedrag

Sommige mense hanteer hierdie gevoel van ongewensdheid en betekenisloosheid deur middel van een of ander vorm van selfvernietigende gedrag. Die kind kan selfs ‘n ongeluksvoël wees of geneig wees om gereeld en maklik siek te word. Selfs ernstiger siektes soos kanker en diabetes mag ontwikkel of vererger word wanneer iemand onbewustelik selfvernietigende gedagtes koester.  So asof hulle diep in hulle onderbewuste wil sê: ek hoort nie hier nie, so ek gaan weg.

  • dit te beveg

Party mense hanteer hul Identiteitsprobleem deur dit dikwels op ‘n aggressiewe manier te beveg. Hulle kan geneig wees om opstandig, antisosiaal, of die heeltyd kwaad te wees.

Daar is mense wat hierdie uitdaging op ‘n indirekte of passief-aggressiewe manier beveg deur eenvoudig hul rug op ander mense en hul omgewing te draai. Hulle is soms alleenlopers en voel meeste van die tyd ongelukkig en alleen. Hulle mag voel dat as die buitewêreld hulle nie wil hê nie, hulle daardie buitewêreld sal beveg.

  • dit te ontsnap

Ontsnapping is ‘n verdere manier waarop sommige mense hul Identiteitsprobleem hanteer. Hulle kan geneig wees om hul gedagtes te vertroebel en sodoende hul gevoelens van nie-behoort te ontsnap deur weg te kruip agter dwelms, alkohol, rook of selfs vetsug

  • verwarde verlamming

‘n Vierde manier om die Identiteitsprobleem te hanteer, is om in ‘n toestand van verwarde verlamming of paraliese in te gaan. Dit beteken eenvoudig dat hulle niks doen nie. Hulle is passief. As die wêreld hulle nie wil hê nie, gaan hulle nie deel van die wêreld wees nie. Hulle kyk eenvoudig toe hoe die wêreld verbygaan, amper soos om na ‘n film op televisie te kyk. In hulle apatie raak hulle glad nie betrokke by enige aktiwiteite rondom hulle nie. Hulle gee nie om vir die wêreld of die mense daarin nie. Hulle is passief en doen of sê niks.

  • onvermoë om lief te hê

Sommige mense mag dit moeilik, selfs onmoontlik vind om waarlik lief te hê of liefde te ervaar. Die onvermoë om lief te hê is waarskynlik die mees algemene eienskap van mense met die Identiteitsprobleem. Hulle kan selfs in ‘n liefdesverhouding, wat op die oogaf soos ware liefde lyk, geen blywende liefde ervaar nie. Daar is altyd iets in die pad wat keer dat hierdie liefde verdiep.

Hierdie mense vind dit dikwels ook moeilik of selfs onmoontlik om ‘n Geestelike lewe te ervaar, selfs die liefde vir God (die Heelal, die Groot Gedagte, of hoe hulle ook al goddelikheid verstaan.

In hulle problematiese vermoë om lief te hê, het hulle dikwels ook ingewikkelde verhoudings met hul ouers.

Hoop

Ek hoop hierdie artikel het jou gehelp om die Identiteitsprobleem beter te verstaan.

Jy of iemand naby jou mag dalk hierdie uitdaging in ‘n mindere of meerdere mate ervaar. Watookal die geval mag wees, wil jou verseker dat jy hiermee gehelp kan word.

Ons maak grootliks gebruik van hipnose vir die IDP.  Ons hipnotiese sessies mag aanvanklik betotteld vir jou voorkom. En ja, betotteld is die Afrikaans vir weird. Ons gaan soms terug na ervaringe in die baarmoeder tydens ons sessies.  Soms foeter ons in die ruimte in, soms maak ons ‘n waarde-keuse of ons mag selfs by Beethoven gaan leer. 

Scroll to Top